Reviews

Please rate your stay

Our Reviews

'n Uitstekende plek vir verblyf vir die besoeker of oornagreisiger.

5.0 rating

Redes waarom ‘n bepaalde oorblyfgerief gekies word mag van persoon tot persoon verskil afhangende van sy/haar/hulle bepaalde behoeftes, omstandighede en doelwitte. Met dit as uitgangspunt het my keuse, na baie soek op die internet, geval op Alkamia B&B and Self Catering te Estcourt. Hul ligging in ‘n stil woonbuurt, veilige parkering, nabyheid van ‘n kettingwinkelgroep en ander fasiliteite, hul nabyheid aan die N3 asook en die bekostigbaarheid van hul tariewe het die knoop deurgehak. Met my aankoms was die ontvangs vriendelik en gasvry. Aanknooppunte is gevind en daar is langer gesels as wat verwag is. Die kamer is kompak (egter groter as sekere hotelkamers) en die uitleg is baie goed beplan. Die netheid en skoonheid van die geriewe, beddegoed, eetgerei, badkamer ensomeer was van ‘n baie hoë standaard, trouens ek twyfel of daarop verbeter kan word. Die televisie met die groot aantal kanale beskikbaar (internasionale nuus ensomeer) was ‘n pluspunt. Vir die nie-rook tekens in die kamer was ek dankbaar voor. Dit het tot gevolg dat nie-rokers ‘n besoedelvrye kamer ontvang om in te oornag. Die ruim badkamer, warm water en verskillende koffiekeuses en ‘n ontbyt vir die volgende oggend met jogurt en ‘n lemoendrankie was verdere hoogtepunte. Die lekkernye was ‘n groot verrassing. Die kersie op die koek was die “fleeze” onderlaken en die elektriese kombers. Die winterkoue is gekniehalter en ‘n heerlike nagrus kon geniet word. Alkamia B&B and Self Catering verblyf kan sterk aanbeveel word. As oornagfasiliteit of as punt om die omgewing te verken deur rond te toer.

Adelle

Best stay

5.0 rating

Excellent location and accommodation was clean and well-stocked up with all the requirements.

Johannes